Moordbeskuldigde Ngcebo Thusi doen weer aansoek om borg

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Junior Blou Bul-speler in hof vir moord op Ntokozo Xaba, laat vaar borgaansoek

Die junior Blou Bul-speler Ngcebo Thusi, wat van die moord op sy voormalige meisie Ntokozo Xaba beskuldig word, het Donderdag in die Pretoria-landdroshof verskyn vir sy borgaansoek na hy dit voorheen laat vaar het.

Thusi was 30 Maart in die hof waar die saak tot 2 Junie uitgestel is vir verdere ondersoek, maar hy het vir borg aansoek gedoen voor hy weer in die hof moet wees.

Die borgaansoek is tot 4 Mei uitgestel en hy sal in aanhouding bly tot dan.

Die aanklaer het glo gesê Thusi het Xaba se moord beplan. Hy was die laaste persoon wat saam met haar gesien is voor haar liggaam met steekwonde in haar nek en bolyf ontdek is.

Bronne: IOL, Ghanamma, Jacaranda FM

Lees ook: Junior Blou Bul-speler in hof vir moord op Ntokozo Xaba, laat vaar borgaansoek