Karlien van Jaarsveld kenner in nuwe seisoen van Die Kontrak

Deel hierdie storie / Share this story

Inskrywings stroom in op sosiale media onder die hutsmerk #DieKontrak3.

Karlien was ’n aanbieder in seisoen een, ’n mentor in seisoen twee en in seisoen drie sit sy in ’n nuwe stoel… Karlien van Jaarsveld verruil dié jaar haar plek as mentor vir dié van ’n kenner en gaan die grootbaas raad gee oor wie se kontrak opgeskeur moet word en wie s’n nie!

Skryf nóú in deur jou video op Facebook, Instagram en TikTok te laai en jou gekose mentor te tag. Maak seker jy gebruik die hutsmerk #DieKontrak3 en registreer jou inskrywing by www.wendiekontrak.co.za.

Inskrywing sluit 29 April 2023.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel