‘n Gr. 8-meisie is Donderdag 20 April 2023 in ‘n skietvoorval in Ntshawini, naby Stanger, KwaZulu-Natal dood.
IPSS Medical Rescue en IPSS Security is na die toneel van ‘n skietvoorval uitgeroep. Hulle het die gr. 8-meisie met ‘n enkele noodlottige skietwond gevind. Paramedici kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.
Die misdaadtoneel is deur die SAPD oorgeneem.
Die oorsaak van die skietvoorval word ondersoek, alhoewel die vermoede is dat daar net een vermeende verdagte betrokke is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



