Vermiste vrou dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Paulleen de Bruyn (53) van Kempton Park, Gauteng wat sedert 16 April 2023 ongeveer 11:00 vermis geraak het, is dood gevind.

Sy was die laaste keer gewaar, toe sy met haar voertuig, ‘n wit Polo Vivo, gery het. Sy het haar selfoon by die huis gelos.

Paulleen het onlangs ‘n beroerte gehad en was nie meer in staat om te bestuur nie en was nie ten volle van haar aksies bewus nie.

Nadat daar geen teken van haar was nie, is sy by Kempton Park-polisiestasie as vermis aangemeld.

Haar skoonseun het drie dae gelede gesê dat haar motor by Kempton Park-gholfbaan gevind is en sy gesien was waar sy op die gholfbaan gestap het.

‘n Volskaalse soektog saam met verskeie rolspelers het onverpoosd voortgegaan om haar te probeer opspoor.

Haar skoonseun het dieselfde dag op Facebook gedeel dat sy gevind is, maar dat sy oorlede is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel