Die dood van ‘n 13-jarige seun wat ‘n oordosis antihistamien, wat onder andere vir allergieë voorgeskryf word, as deel van ‘n TikTok-uitdaging ingeneem het, het weereens die gevare van sosialemedia-uitdagings uitgelig.
Die 13-jarige Jacob Stevens, van Columbus, Ohio, VSA het meer as ‘n dosyn Benadryl-pille gedrink terwyl sy vriende hom afgeneem het om te sien wat gebeur.
Daily Mail berig die seun se organe het binne ure na hy die pille gedrink het, begin ingee en sy brein het nie meer reageer nie. Hy is na ses dae op ‘n ventilator dood.
Stevens is nie die eerste bekende slagoffer van die Benadryl Challenge, wat gedoen word omdat dit glo hallusinasies kan veroorsaak, nie. In 2020 is ‘n 15-jarige meisie van Oklahoma ook dood aan ‘n oordosis van dié pille.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



