‘n Video word wyd en syd op sosiale media gedeel waarin ‘n beweerde gesteelde voertuig rol en voetgangers net-net ontkom om onder die voertuig te beland.
Die voorval het glo Sondag 11 April ongeveer 11:00 in Metcalfstraat op Cradock in die Oos-Kaap plaasgevind.
In die video kan jy sien hoe die voetgangers laat spaander toe die voertuig buite beheer op hulle afpyl.
Cradock Sekuriteit sê hulle het inligting ontvang van ‘n vermoedelik gesteelde Mercedes Benz van George.
Inligting het daarop gedui dat die voertuig van Graaff-Reinet na Middelburg onderweg was.
Verskeie organisasies wat die polisie insluit, het op die inligting reageer en het strategies posisies ingeneem op die N10 Cradock-pad wat na Middelburg gaan.
Sekuriteitsbeamptes het die voertuig gesien en hom gevolg, terwyl die polisie ingelig is.
Die bestuurder van die vermoedelik gesteelde voertuig het gesien dat hy gevolg word, waarna hy beheer oor die voertuig verloor het en in Metcalfstraat op sy dak geëïndig het.
Die toneel is deur Cradock- SAPD, Cradock-K9 en Hoofwegpatrollie beveilig en die 45 jaar oue verdagte is in hegtenis geneem.
Daar is beslag gelê op die voertuig.
“Criminals must never feel that they can pass through our small towns unnoticed, they will feel our presence,” aldus Cradock Sekuriteit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



