‘n Video van vreesbevange passasiers in ‘n taxi is deur Stamhoof Brendon Torob Adams op sosiale media gedeel.
Volgens hom het die rit in Nelson Mandelarylaan vermoedelik in Thembalethu, George, Wes-Kaap, plaasgevind.
In die video kan gesien word hoe roekeloos die bestuurder ry, sommer in die verkeerde baan.
Daar kan gehoor word hoe daar beangs geskree en kliphard gebid word.
Groot dele van die video is nie in fokus nie, maar daar kan gesien word waar die taxi op die sypaadjie ry en uitswaai en dit blyk asof hy net lukraak bo-oor goed ry.
Aan die einde van die video stop hy en kan sirenes gehoor word. Dan word hy boonop deur een van die passasiers aangemoedig om vir die gereg te vlug.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



