
Foto: SAPD

Foto: SAPD
Polisielede van Bishop Lavis-polisiestasie het Dinsdag 18 April 2023 ‘n besending kokaïen by ‘n besigheidsperseel in die lughawe se industriële gebied onderskep.
Lt.kol. Malcolm Pojie sê die lede het op inligting van ‘n moontlike dwelmbesending op die perseel reageer.
Polisielede saam met die Metropolisie en Wetstoepassing het op die perseel toegeslaan en op 16 bokse met 140 bricks kokaïen met ‘n geskatte waarde van R84 miljoen afgekom.
Daar is op die besending wat 140 kg weeg, beslag gelê, waarna dit as bewysstukke ingeboek is.
‘n Navraagdossier is geopen.
Al is geen inhegtenisnemings tot dusver gemaak nie, duur die ondersoek voort.
Die ondersoek is aan die speurders van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid, narkotika-afdeling, toegeken.
Die eenheid is getaak om die omstandighede en moontlike oorsprong en bestemming van die besending vas te stel.
Lt.genl. Thembisile Patekile het die lede wat betrokke is om besendings dwelms van die strate af te hou, geprys.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



