Hulp gevra om vermiste man op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Johannes Labuschagne (62) van Generaal Maritzstraat in Bendor, Polokwane (Pietersburg), Limpopo, is sedert Maandag 27 Maart 2023 vermis.

AO Marabo Seabela, polisiewoordvoerder, sê hy is laas opgemerk toe hy met sy wit Mazda Drifter in Pietersburgstraat, Ladanna, Polokwane gery het.

Geen soektog om hom op te spoor, het tot dusver tot sukses gelei nie.

Hy was in ‘n wit T-hemp, swart broek en blou (sky blue) sandale geklee.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met AO Peter Mangakeng by 082 728 9831 of Stop Misdaad by 08600 10111 kontak maak of van die MySAPS-toepassing gebruik maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel