Hoërskool Charlie Hofmeyr-leerling skielik oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Leerling van Hoërskool Charlie Hofmeyr is Dinsdag skielik oorlede.

Die skool het die nuus van een van sy leerlinge, Pieter-Jan Groenenberg, se dood op sosiale media bekendgemaak.

“Ons Charlies se harte is seer oor die nuus van een van ons leerlinge, Pieter-Jan Groenenberg, wat vroeg vanoggend weens mediese komplikasies oorlede is,” het die skool Dinsdag gesê.

“Ons opregte simpatie en innige meegevoel gaan uit na sy familie en vriende.”