Charles Daniël Tolmay (74), die bejaarde boer van Tzaneen wat sedert Donderdagmiddag 13 April 2023 ongeveer 12:00 op die plaas Gladstone Tarentaalrand vermis geraak het, is dood gevind.
Sy liggaam is in ‘n dam gekry.
Die volgende plasing is deur Emma Schourie op die Soektog na oom Charles Tolmay Facebook-blad gemaak:
Dit is met groot leedwese dat ons die afsterwe van ons geliefste Charles Tolmay met die gemeenskap moet meedeel.
Vandag het ‘n groot reus in ons gemeenskap ‘n onherroeplike groot leemte kom los. Charles was ‘n pa, ‘n oupa, ‘n vriend en ‘n mentor vir baie mense in ons gemeenskap. Hierdie gemeenskap is deur Charles Tolmay grootgemaak. Ek glo daar waar Charles nou langs ons Hemelse Vader sit, glimlag hy breed vir sy gemeenskap se deursettingsvermoë in die soektog na om.
Die soektog na Charles was groot, maar sy hart vir sy mense was groter as dit. Charles het weer vir ons die waarde van ons geliewe gemeenskap bewys met die saamtrek wat sy leemte gebring het.
Met elke dag se soektog, was daar ontelbare hoeveelheid mense wat kom help stap het op die plaas en buurplase, die gemeenskap se helikopters en drones was altyd beskikbaar om ons by te staan waar nodig in die soektog. Daar was nie ‘n dag wat ons bekommerd moes wees hoe ons die mense kos en water gaan gee wat die gebiede per voet vee nie, daar was altyd meer as genoeg.
Ons wil ook van die geleentheid gebruik maak om die mense wat die rugmurg van die ondersoek was, te bedank:
Louis Naude van Naude Brokers & Northern Security, was altyd net ‘n oproep ver, sy mense was regdeur die soektog daar en hy’t ons gelei in tye van onsekerheid
Sarza – Louis Menge en Ricardo wat ten alle tye elke leidraad saam met ons opgevolg het en ons spanne in die veld gelei het, ons sou dit nie sonder julle kon doen nie.
EMS, SAPS, Forensies , Speertak provinsiaal baie dankie vir julle bystand.
FiND iT het op 15 April 2023 soos volg berig:
Hy is laas deur sy dogter op sy plaas Gladstone Tarentaalrand, Tzaneen, Limpopo gesien toe hy saam met sy hond gaan stap het.
Die hond het Donderdag alleen en getraumatiseerd met skaafmerke onder die bors by die huis opgedaag.
Tolmay ly aan Alzheimer se siekte.
Hy was geklee in ‘n khakikleurige hemp en kortbroek met vellies.
Verskeie soektogte het niks opgelewer nie.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding kom:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



