Lees ook: Liggaam van vermiste vrou in septiese tenk gevind
Een verdagte, moontlik betrokke by die skietery van drie familielede op Woensdag, is in hegtenis geneem. Sy medepligtige is nog aan die vlug.
Die polisiewoordvoerder, kol. Robert Netshiunda, het gesê die Eshowe-polisie het die buurman van die slagoffers in hegtenis geneem. Volgens hulle inligting het die verdagtes na die slagoffers se huis gegaan en gevra om met die 20-jarige slagoffer te praat.
Die verdagtes het ‘n vuurwapen uitgehaal. Die slagoffer het teruggehardloop na sy huis toe, maar die verdagtes het hom gevolg en geskiet.
Die ander twee slagoffers (14 en 27) is ook in aparte vertrekke doodgeskiet.
Bronne: IOL, VN Explorer, Flipboard



