‘n Boervrou is na bewering Donderdag 13 April 2023 ongeveer 07:30 op die plaas Iceland in die landelike gebied van Alldays in Limpopo deur drie of moontlik vier vermeende verdagtes aangeval en aangehou.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê ‘n huisroof word ondersoek.
Verskeie waardevolle items wat ‘n selfoon, vuurwapen en kontant insluit, is deur die verdagtes gebuit.
Die boervrou is glo aangerand terwyl sy aangehou is.
Die verdagtes het van die toneel gevlug.
Nog geen arrestasies is gemaak nie.
Die ondersoek duur voort.
Enigiemand met inligting kan die polisie onverwyld by Stop Misdaad 08600 10111 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



