Lees ook: Liggaam van vermiste vrou in septiese tenk gevind
Die akteur wat glo sy metgesel vermoor het, sou vandag in die Kempton Park-landdroshof verskyn het, maar die saak is uitgestel omdat hy nog in die hospitaal herstel na ’n vermeende oordosis.
Die polisie het gesê dit lyk of die akteur ’n oordosis geneem het na die beweerde moord verlede Donderdag. Die verdagte is onder polisiebewaking in die Tembisa-hospitaal.
Die verdagte staan tereg op aanklagtes van moord en die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.
Bronne: Times LIVE, VN Explorer, Soeknet, Algoa FM



