Laerskool Fairland in Randburg, Gauteng het die volgende goeie nuus oor Zulé Richter, een van hul graadeentjies, op hul Facebook-blad gedeel.
Dit is vir sport buite skoolverband.
Lees die plasing hier:
“Zulé Richter (Gr. 1) gaan Suid-Afrika by die Junior Gholf Wêreldkampioenskap in North Carolina, VSA verteenwoordig.
“Zulé het ongeveer ‘n jaar gelede met kompeterende gholf begin. Sy is al na meer as 40 Internasionale kompetisies uitgenooi en gaan nou haarself teen die beste gholfers in die wêreld meet tydens die Junior Gholf Wêreldkampioenskap vanaf 3 – 5 Augustus.
“Dit is n ongelooflike prestasie en ons wens haar alles van die beste toe.
https://www.backabuddy.co.za/zule-richter-5553072921566945537
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



