“Baie baie dankie vir almal se omgee en shares, my kind is veilig. Ek waardeer almal wat deel was van haar soektog.”
“Ruchie” Leruchke Ethe Snyman (22) was sedert 11 April 2023 in Van Dyk Park, Boksburg, Gauteng, vermis.
Rose Pelser, haar ma, wat sedert Woensdag geen kontak met Ruchie gehad het nie, het haar dogter as vermis aangemeld en wyd en syd besonderhede op sosiale media versprei.
Leruchke het Dinsdag ‘n vriend gaan besoek en haar ma het sedert Woensdag kontak met haar dogter verloor.
Leruchke is veilig by haar gesin.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



