Lees ook: Man lewendig geëet deur goggas en weeluise in tronk – familieprokureur
Die Vrystaatse polisie het die naweek agt verdagtes in Bloemfontein vir poging tot moord, ’n OTM-bomaanval en roof in hegtenis geneem.
Die polisie het Saterdag ’n oproep ontvang oor ’n skietery in MacGregorstraat en die blitspatrollie is uitgestuur. Die verdagtes het al skietende op die lede van die blitspatrollie op die vlug geslaan.
Volgens die inligting wat hulle ontvang het, het 15 mans by die vulstasie aangekom en die OTM opgeblaas. Hulle het toe op die slagoffers geskiet wat om verskillende redes daar was, geld gesteel en gevlug terwyl hulle op die polisie skiet.
’n Man is in die bolyf en hand geskiet en ’n sekuriteitswag is in die maag gewond. Albei is na ‘n hospitaal geneem.
Die agt verdagtes is in Mangaung in hegtenis geneem en sal vandag in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Bronne: SAPS, OFM, Economy24
Lees ook: Tunisiese sokkerspeler steek homself aan die brand uit protes teen polisie, sterf



