Man lewendig geëet deur goggas en weeluise in tronk – familieprokureur

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Altesaam 18 000 koeie dood in ontploffing

‘n Man wat oorlede is in ‘n Atlanta-tronk is “lewendig opgeëet deur insekte en weeluise, het die familie se prokureur beweer.

Lashawn Thompson is in hegtenis geneem vir ‘n “misdryf” en is in die psigiatriese deel van die Fulton County-tronk geplaas toe die owerhede bevind het dat hy geestelik versteur is.

Hy is op 19 September dood in sy sel gevind, drie maande ná sy inhegtenisneming. Die familieprokureur beweer Thompson is lewendig opgeëet deur goggas en weeluise.

Die prokureur sê die tronkrekords wys Thompson was besig om agteruit te gaan, maar niks is gedoen om hom te help nie. Die mediese ondersoeker se verslag het getoon dat daar weeluise in sy sel was, maar daar was geen tekens van trauma op sy liggaam nie.

Die familie is besig om die tronk te dagvaar.

Bronne: BBC, Washington Post, USA Today

Lees ook: Altesaam 18 000 koeie dood in ontploffing