Charles Daniël Tolmay (77) is sedert Donderdagmiddag 13 April 2023 ongeveer 12:00 vermis.
Hy is laas deur sy dogter op sy plaas Gladstone Tarentaalrand, Tzaneen, Limpopo gesien toe hy saam met sy hond gaan stap het.
Die hond het Donderdag alleen en getraumatiseerd met skaafmerke onder die bors by die huis opgedaag.
Tolmay ly aan Alzheimer se siekte.
Hy was geklee in ‘n khakikleurige hemp en kortbroek met vellies.
Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan met die volgende persone in verbinding kom:
Sers. Monareng – 082 414 3309
Hennie Knox – 083 535 0140
Charlie Tolmay – 089 511 3731
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



