Familie beseer – deur bure uit brandende huis gered

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Familie van Stanger in KwaZulu-Natal het vroeër vanoggend geringe tot kritieke beserings opgedoen nadat hulle in hul huis wat aan die brand was, vasgevang was.

IPSS Medical Rescue is na die toneel ontbied.

Bure van die familie het ‘n winas gebruik om strukture te verwyder om die familie uit die huis te kry.

Die bure se hulp het die familie help bevry en het ook brandbestryders toegang tot die huis verleen.

Twee familielede wat kritiek beweer is, is per ambulans na ‘n gespesialiseerde fasiliteit vervoer.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel