“Ruchie” Leruchke Ethe Snyman (22) is sedert 11 April 2023 in Van Dyk Park, Boksburg, Gauteng, vermis.
Rose Pelser, haar ma, wat sedert Woensdag geen kontak met Ruchie het nie, wil haar dogter tuis hê. Aanvanklike aanduidings is dat Snyman Dinsdag gesê het dat sy na ‘n vriend op Springs gaan.
Sy het bruin hare en groen oë is 1.58 m lank en weeg 48 kg.
Sy is laas in swart leggings en ‘n wit hemp gesien.
Uitkenbare merke is ‘n tatoe van ‘n roos op haar linkerarm, lang litteken op haar regterbeen, twee oorgaatjies en ‘n boonste gaatjie in die linkeroor..
Indien jy weet waar sy haar bevind, kan met die volgende persone in kontak gekom word:
Dawn Park-SAPD – 011 862 8000
911 South Africa – 069 445 1870 of 074 402 7542 of sms “911” na 33903.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



