Vrou drink rotgif in selfdoodpoging

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (22) van Tongaat in KwaZulu-Natal het probeer selfdood pleeg nadat sy haar werk verloor het.

Reaction Unit South Africa is deur ‘n werknemer van ‘n kitskoswinkel vir hulp met ‘n half bewustelose vrou gebel.

Beamptes is inderhaas na die toneel.

Met aankoms by die perseel het hulle die vrou, wat buite gelê het, gevind.

Sy het konvulsies ervaar en is op die toneel gestabiliseer voordat sy per ambulans na ‘n hospitaal geneem is.

‘n Selfdoodnota in iSiZula is op die tafel langs haar gevind.

Sy het gesê sy het haar werk verloor weens “spirituele aanvalle” en wou derhalwe haar lewe beeïndig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel