‘n Twaalfjarige seun en ‘n 21-jarige man is Maandagmiddag 10 Arpil 2023 ongeveer 13:40 in ‘n skietvoorval in Thames Walk, Manenberg, Kaapstad, beseer.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê die insident word ondersoek.
Na bewering is die slagoffers deur ‘n onbekende verdagte geskiet wat van die toneel gevlug het.
Die slagoffers is vir mediese behandeling na ‘n fasiliteit geneem.
Sake van poging tot moord is geregistreer, wat ondersoek word.
Enigiemand met inligting oor die skiet-insident kan Stop Misdaad by 08600 10111 skakel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



