Verpleegster op pad werk toe beroof, verkrag – Limpopo-LUR vir gesondheid veroordeel dit

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: 7de Laan-akteur onder polisiebewaking, vermoor glo metgesel

’n Verpleegster wat nuut aangestel is was op pad werk toe in ’n taxi toe ’n man haar glo aangeval, verkrag en beroof het ná die taxidrywer geweier het om haar by die kliniek af te laai. Sy kon kruip na ’n nabygeleë huis vir hulp en is in die hospitaal opgeneem met ’n gebreekte been.

Die Limpopo-LUR vir gesondheid, dr. PhophiRamathuba, en die Democratic Nursing Organisation of South Africa het die voorval veroordeel.

Ramathuba het gesê sulke voorvalle is ’n terugslag vir die departement se hoop om klinieke vir 24 uur oop te hou en om nuwe personeel te kry.

Bronne: TimesLIVE, IOL, SABC

Lees ook: 7de Laan-akteur onder polisiebewaking, vermoor glo metgesel