Die R555-pad tussen Steelpoort en Maluti Lodge in die Sekhukhune-distrik in Limpopo is weens ‘n gru-ongeluk vir verkeer gesluit.
Die departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid sê die pad is gesluit sodat nooddienste aandag aan die toneel kan gee.
Motoriste wat van Steelpoort na Polokwane reis, word aangeraai om die D1296-pad via Rivercross te neem om op die R37 aan te sluit.
Vanaf Burgersfort na Steelpoort moet die R37 gebruik word na Rivercross om by die D1296 na Steelpoort aan te sluit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakelKoli



