Thabo Bester, veroordeelde moordenaar en verkragter, gaan na verwagting vanoggend14 April 2023 in die Bloemfontein-landdroshof verskyn.
Brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, sê die verskyning in die hof volg twee dae nadat hy weer in hegtenis geneem is.
Bester het ten tyde van sy ontsnapping ‘n lewensvonnis uitgedien.
Hy word deur klagtes van ontsnapping uit wettige aanhouding, regsverydeling, lykskending en bedrog in die gesig gestaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



