Akteur onder polisiebewaking, vermoor glo metgesel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak

’n 51 jarige akteur word glo van die moord op ’n vrou aangekla.

Die polisie het gesê die man het die vrou (29) glo Donderdag doodgeskiet.

Hy het glo ook ’n oordosis medikasie gedrink en is tans in die hospitaal onder polisiebewaking.

Die polisie in Norkem Park is besig om ’n saak van moord, besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie te ondersoek.

Daar is nog geen motief vir die skietery bekend nie.

Daar was gerugte dat die akteur in 7de Laan gespeel het maar hulle het die gerugte ontken.

Bronne: IOL, Briefly, Daily Voice

Lees ook: EFF kritiseer NPA, SAPS vir terugtrek van aanklagtes teen moordbeskuldigdes in Hillary Gardee-saak