Sewejarige in rug geskiet terwyl sy speel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sewejarige meisie is Donderdag 6 April 2023 in Moosa Walk, Parkwood, Kaapstad in die rug geskiet waar sy gespeel het. ‘n Verdagte (27) is in hegtenis geneem.

Sers. Wesley Twigg, polsiewoordvoerder in die Wes-Kaap, sê die meisie het in die erf waar sy bly, gespeel toe die skietvoorval plaasgevind het.

Sy is in haar rug geskiet en dadelik met privaat vervoer na ‘n mediese fasiliteit geneem.

‘n Saak van poging tot moord is geopen.

Grassy Park-polisiestasie het die omstandighede van die skietvoorval ondersoek waarna’n 27-jarige man in hegtenis geneem is. Hy het in die Wynberg-landdroshof verskyn waarna die saak vir verdere ondersoek tot 24 Mei uitgestel is.

Enigiemand met inligting oor die skietvoorval kan met die Grassy Park-polisiestasie kontak maak by 021 700 3900 of Stop Misdaad by 08600 10111.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel