Na vele bespiegelinge oor of prins Harry sy pa, koning Charles, se kroning volgende maand op 6 Mei gaan bywoon, is dit amptelik in ‘n verklaring deur die Buckingham-paleis bevestig. Sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, sal nie die kroning bywoon nie.
Die kroning is op dieselfde dag as die paartjie se seun, Archie, se vierde verjaarsdag.
Dit sal die eerste keer wees dat prins Harry in die openbaar saam met sy familie sal verskyn na die opspraakwekkende outobiografie, Spare. – BBC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



