Hier is ‘n baie lekker maklike, vinnige bykos vir die naweek se braai.
Bestanddele:
1 kg baba-aartappels, gehalveer
1 ui in kwarte gesny
250 ml room
125 ml suurroom
2 wiele fetakaas, gekrummel
sout en peper
paar takkies vars tiemie
Metode:
Verhit die oond tot 180°C. Kook die aartappels vir 10 minute. Skep die aartappels en ui saam in ’n oondvaste bak.
Meng die room en suurroom en giet oor die aartappels.
Krummel die fetakaas oor en geur goed met sout en peper en tiemietakkies.
Bak in die oond vir 45-55 minute totdat die aartappels gaar is en die room bruin verkleur het.
Bedien 6.
Bron: Onbekend
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



