‘n Ma en haar drie kinders van North Carolina, VSA, is dood nadat die ma vermoedelik haar drie kinders doodgeskiet het voordat sy haarself ook om die lewe gebring het.
Die voorval het Dinsdagoggend in ‘n stil woonbuurt in Winston-Salem plaasgevind.
Die 40-jarige vrou en haar kinders, tussen die ouderdomme van 9 en 14, se liggame is deur polisie in die huis ontdek.
Die polisie ondersoek die voorval.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



