Minibustaxi ry in vulstasiegebou vas – 14 beseer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Minibustaxi het Woensdagmiddag 12 April 2023 in ‘n vulstasiegebou in Dr. Belcherpad in Batho, Bloemfontein, vasgery.

VR Medical sê verskeie nooddienste is na die toneel. Met aankoms op die toneel het VRMED en Netcare911 gevind dat die bestuurder van die minibustaxi beheer verloor het en in die gebou vasgery het.

Nood- mediese dienste het 14 beseerdes wat in die botsing betrokke was geassesseer. Al 14 die beseerdes, wat geringe tot matige beserings opgedoen het, is na verskeie hospitale in Bloemfontein geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel