Kind (5) dood nadat hy deur pitbulls verskeur is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Seun (5) is Vrydag 7 April 2023 in die Dyamala-woonbuurt in die Oos-Kaap dood nadat hy deur twee pitbulls verskeur is.

Brig. Tembinkosi Kinana, polisiewoordvoerder, sê die seun het na bewering Vrydag in die straat gestap toe hy deur die twee pitbulls gejaag en aangeval is.

Hy is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem, waarna hy later na Frere-hospitaal oorgeplaas is. Die seun het aan sy beserings gesterf.

Die twee pitbulls is Saterdag 8 April 2023 deur die DBV weggeneem.

Alice-polisie is vanoggend 08:00 na Dyamala-woonbuurt om die beweringe te ondersoek. Die familie het aan die polisielede verduidelik dat hulle gister deur die staatslykshuis ingelig is om ‘n saak te open.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en die saak word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel