Noodnommer 107 in Tshwane ondervind tans ‘n tegniese probleem

Deel hierdie storie / Share this story

Die 107-noodnommer van die Stad Tshwane se oproepsentrum ondervind tans tegniese probleme.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder, sê hulle is van die probleem bewus gemaak.

Oproepe in die gebied van die Stad Tshwane wat na dié nommer deur selfoonnetwerke gemaak word, lui nie.

Nooddienste is tans in gesprek met selfoonnetwerkvoorsieners om die probleem te identifiseer en op te los.

Brand- of noodredding kan tans by 012 358 6300 / 6400 gerapporteer word.

Vir mediese nood kan 112 geskakel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel