‘n Vrou (23) is dood en haar man ernstig beseer in ‘n skietvoorval vroeër vandag in Phoenix-hoofweg, Phoenix, KwaZulu-Natal.
Reaction Unit South Africa is ongeveer 10:44 deur ‘n verbyganger oor die insident ingelig. Alle beskibare reaksie- en mediese beamptes is na die toneel. Met aankoms is die man op die plaveisel op sy maag aangetref. Hy het ‘n skietwond in sy regterboud gehad.
Sy vrou het aan die oorkant van die pad gelê. Sy het van ‘n wond in haar bors gebloei en het geen teken van lewe getoon nie, waarna sy dood verklaar is.
Die beseerde man het aan die beamptes gesê dat hy en sy oorlede vrou glo beide heroïenverslaafdes is.
Hulle het glo hul dwelmverskaffer R2 000 geskuld waarna hy en sy broer die paartjie gesoek en hulle na bewering geskiet het.
‘n Verbyganger het vir beamptes gesê dat die paartjie geken word as beweerde foondiewe en huisbrekers. Hulle sou glo by interseksies rondhang en niksvermoedende motoriste se selfone gryp.
Nie een van die aantygings kon egter bevestig word nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



