Kyk: Massiewe nes van Duitse perdebye verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

Video’s in berig.

Eduanne Niemand van Boland Snake Removals het die twee video’s op sosiale media geplaas van ‘n nes van die Duitse perdeby wat hy verwyder het.

“Die video wys hoe groot die Vespula Germanica sy nes bou in ‘n paar weke, ook ‘n teken van die winter se begin. Die groot gate is om hitte uit die nes te laat kom.”

Niemand, wat van die Paarl-area in die Boland is, sê persone wat soortgelyke neste ontdek, moet hom dadelik kontak.

“Hulle gif is sitotoksies soos dié van ‘n pofadder en hulle maak ons kosbare heuningbye dood op ‘n streep.”

Hy sê aan FiND iT dat hy gereeld saam met die Universiteit Stellenbosch se professor Ruan Veldman werk wat oor ‘n tydperk van jare al ‘n studie van die Europese perdeby/ papierwesp (Polistes Dominula) maak, maar hierdie neste wat verwyder is, is dié van die Duitse indringerperdeby, wat skaarser is.

So giftig soos wat die Duitse perdeby is, roem Niemand daarop dat hy nie daarvoor bang is nie, daarom sal jy hom nie in ‘n “by-pak” sien nie en verwyder hy die neste sommer met ‘n kortbroek en plakkies. Sy verduideliking wat ook deur Veldman aangeteken is, is dat die bye “can sense fear.”

Hy noem dat hy landswyd met navrae oor slange ensovoorts help. Indien jy jou in ‘n penarie met ‘n slang of ander insek of dier bevind, kan hy by 082 380 1987 gekontak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel