CDC waarsku oor Marburg-koors in Amerika

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Nog agt gevalle van Marburg-koors in Ekwatoriaal-Guinee

Die Centers for Disease Control and Prevention het Donderdag ‘n waarskuwing aan dokters in die VSA uitgereik om op die uitkyk te wees vir Marburg-koors.

Die Marburg-virus behoort aan dieselfde familie as die Ebola-virus en veroorsaak ook inwendige bloeding en skade aan verskeie organe.

Die waarskuwing volg na verskeie gevalle van Marburg-koors in Ekwatoriaal-Guinee en Tanzanië aangemeld is.

Woensdag het Tanszanië aangekondig dat daar agt gevalle in die Kagera-streek aangemeld is en vyf persone is oorlede. In Ekwatoriaal-Guinee was daar 14 gevalle van Marburg-koors tussen 7 Februarie en 5 April. Tien persone is oorlede.

Dit is onwaarskynlik dat enigiemand in die VSA Marbug-koors sal opdoen, maar dokters is steeds gewaarsku om op die uitkyk daarvoor te wees.

Bronne: The Daily Digest, ABC News, NBC News

Lees ook: Nog agt gevalle van Marburg-koors in Ekwatoriaal-Guinee