Rower val toeris in Bo-Kaap aan en wurg haar terwyl sy selfievideo neem

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Onderwyser weer aangestel wat afgedank is oor aantygings van seksuele misdryf

Die polisie is op soek na inligting wat sal lei tot die inhegtenisneming van ’n man wat glo toeriste in die Bo-Kaap-gebied beroof.

In die nuutste voorval is ’n Suid-Koreaanse vrou (28) glo gewurg terwyl die man haar foon probeer gryp het terwyl sy ’n selfievideo geneem het. Die vrou het om hulp geskree en die man het weggehardloop.

Die video is nog nie verifieer nie, maar die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, het gesê die verdagte is glo ’n hawelose man wat homself as ’n karwag voordoen.

Hy het gesê hulle kon die slagoffer opspoor voor sy Suid-Afrika verlaat het en dat sy ingestem het om ’n saak te maak.

Bronne: IOL, Flipboard, VN Explorer

Lees ook: Onderwyser weer aangestel wat afgedank is oor aantygings van seksuele misdryf