VIDEO: Dalai Lama sê hy het seun net ‘geterg’ toe hy hom vra om sy tong te suig

Deel hierdie storie / Share this story

Die Dalai Lama het om verskoning gevra nadat ‘n video aan die lig gekom het van die spirituele leier wat ‘n kind op sy mond soen en hom dan vra om “sy tong te suig” by ‘n geleentheid wat in Indië plaasgevind het.

Die Dalai Lama se woordvoerder het Maandag in ‘n verklaring gesê dat hy graag aan die seun en sy familie, sowel as vriende van regoor die wêreld, wil jammer sê vir die pyn wat sy woorde veroorsaak het.

Hy noem ook dat hy “spyt” is oor die voorval.

“Sy Heiligheid terg dikwels mense wat hy ontmoet op ‘n onskuldige en speelse manier, selfs in die openbaar en voor kameras,” lui die verklaring.