Die saak teen die twee mans wat daarvan beskuldig word dat hulle by Thabo Bester se ontsnapping betrokke was, is tot Maandag 17 April uitgestel.
Landdros Mohlolo Khabisi het die saak teen Senohe Ishmael Matsoara (39) en Zolile Cornelius Sikelele (65) uitgestel vir borgtog-inligting en ‘n moontlike borgaansoek.
Matsoara en Sikelele word deur aanklagte van bystand aan ‘n gevangene om uit aanhouding te ontsnap, bedrog, moord en brandstigting in die gesig gestaar.
Die ontsnapping het glo in die vroeë oggendure op 3 Mei 2022 plaasgevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



