Chris Macpherson, die burgemeester van Oudtshoorn in die Wes-Kaap het pas ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak wat sê dat daar verneem word dat die vermeende verdagte (32) wat met die moord op Almay Hurling (21) verbind was, dood is.
Hy sê verder dat die verdagte wat onder polisie-bewaking in die George-hospitaal was ‘n werknemer van die munisipaliteit was.
Die verdagte was glo na ‘n poging tot selfdood onder polisiebewaking in die hospitaal.
“Hierdie was ‘n uiters traumatiese tydperk vir geliefdes wat deur die moord geraak is en ek vertrou dat daar ‘n mate van afsluiting en selfs berusting gevind kan word. My innige simpatie aan almal wat deur hierdie tragiese gebeure geraak is.”
Hurling is Maandag 3 April 2023 dood in haar ouerhuis aangetref.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



