Polisielid wat glo swanger gewese vrou doodskiet in hof, wag op vonnis vir korrupsie

Deel hierdie storie / Share this story

Jonnas Tebogo Mpete (39) het na bewering op 5 April 2023 na Brits-hospitaal gegaan waar hy sy swanger gewese vrou by die hek doodgeskiet het.

Hy het homself daarna aan die polisie op Brits, Noordwes oorhandig.

Lumka Mahanjana, woordvoerder vir die NVG, sê Mpete, wat by Rapid Rail in Silverton, Pretoria, gestasioneer is, het vandag in die Brits-landdroshof verskyn.

Hy het verskyn op ‘n klagte van moord met voorbedagte rade.

Sy was ‘n skakelbord-operateur van Brits-hospitaal.

Hy het na bewering verskeie skote na haar gevuur, waartydens sy op slag dood is.

Hy het die hof deur sy prokureur in kennis gestel dat hy ‘n vorige veroordeling vir korrupsie het en dat hy sy vonnis in die Pretoria Specialised Commercial Crimes Court afwag wat op 19 April 2023 moet voorkom.

Dit is ook onder die hof se aandag gebring dat die slagoffer in 2021 ‘n beskermingsbevel teen hom bekom het.

Die saak is tot 21 April 2023 uitgestel sodat verdere ondersoek kan plaasvind vir ‘n borg-aansoek wat aangehoor moet word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel