Manie Jackson, sanger, het ‘n paar ure gelede aangekondig dat hy by Netcare Pretoria-Oos-hospitaal is.
Boodskappe vir beterskap stroom in.
Dit volg nadat sy vrou, Christal Jackson, gister ‘n plasing op sosiale media gemaak het waarin sy sê dat hy paramedici laat wag het, al was hy hoe siek.
Sy het in dieselfde plasing, by ‘n foto, gesê hy word mooi na gekyk en slaap rustig.
Lees die volledige plasing hier:
Vandag was n rowwe dag nooddienste vir Manie Jackson BladManie Jackson B VolManie Jackson Sanger .. natuurlik was my hartritme sommer uit. My senuwees. Ek bid en ek dink aan hoeveel mensies jy heimlik aangeraak het dalk verander het met jou optrede jou sêgoed jou binneste want sing is jou passie en al was jy hoe siek het jy die paramedics laat wag want jou set moet klaar. Jou stem en mens op stage maak harte bly gesond en soms los jy n glimlag wat bly. Jou stem soos jy altyd iets moois verduidelik sny soos n fyn lemmetjie deur hartsnare wat in n bol was. Die note en emosie gee die wereld vir daai oomblink stilstand terwyl jou stem soos n harp mene wegvoer. Ek sê dankie namens almal… ek is dankbaar vir genade.
Ons mense wat altyd daar is vir ons…was so vol liefde dat hulle aangebied het dat ons oorbly dat Manie kan beter voel en ons word bederf met kook kos. Ek sê solank dankie so baie dankies
Mense bly mense wat bloei as mens hulle seermaak en ek dink diep..
…maar my hart krap..
Nie elke liefde word ‘n stem gegee nie. Nie elke blom kan blom nie, en hul gevoude blare moet in die groen gevries word. Ander ontvou en floreer en draai hul gesigte na die lig hulle twyfel nie. Vrae word die beste stilweg gevra en soms glad nie. Moet ons nie maar bly glo in dit wat God ons bied nie
Die hande van die Almagtige is so dikwels aan die einde van ons eie arms te vinde.. en ons Los Sy hand nie Hy ons sin nie. Kan ons hieroor dink.
Ek sien elke dag soveel mense maar in my hart voel ek ons kan net doen wat ons kan doen. Ek luister hoe mense self sê hulle is nie goed genoeg nie want Iemand wie oor hulself slegvoel het hulle jaloers en venyn voel. Mense wat voor gesê dit kon jy beter doen.
Hierdie Kite gaan nie vir my vlieg nie want ek glo nie aan onkruid nie – kyk na al die mooi kleure – ‘n onkruid is bloot ‘n blom wat iemand besluit is op die verkeerde plek. Gid gee jou plek van vry wees jouself wees
Daarom wil ek bid en vra here laat jy nie moet opgee op enige droom nie.. Sing, liefling mens sing en dans hé lief en wees dankbaar behou geloof….asb…Voor jou blomblare vervaag, Omdat die blomme van ‘n ander lente gevoed moet word
Enige plek waar ek hartseer in siel en gees sien, sou ek graag wou bywees, doen wat ek kan. Weet ons regtig van lyding en ons mis hulle. Is die lyding reg voor my…ek voel ons moet liefde betoon Ek is nie ‘n politieke figuur nie, ek is ‘n humanitêre figuur, was altyd, sal altyd wees. Niks bring vir my meer geluk as om die kwesbaarste mense in die samelewing te probeer help nie. Dit is ‘n doelwit en ‘n noodsaaklike deel van my lewe my roeping.
Ek is dankbaar vir almal vir die naweek. Manie slaap rustig en hys mooi na gekyk so nou sê ek nag. Dankie vir liefde ondersteuning en omgee. Hy lief julle to bits.
Mag hierdie woorde vir jou as mens iets beteken en jou styf vashou.
God seën elkeen.
Al my liefdetjies stel
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



