‘n Polisiesersant (39) het homself Woensdag aan die Brits-polisie oorgegee vir die vermeende moord op sy 35-jarige swanger eks-vrou.
Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die polisiebeampte wat in Silverton in Pretoria gestasioneer is, het glo na die Brits-hospitaal gegaan waar sy eks-vrou gewerk het.
Volgens inligting was die beampte se eks-vrou glo by die ingang van die hospitaal toe die beampte goedsmoeds verskeie skote in haar rigting afgevuur het. Sy is dadelik dood.
Die beampte het homself na die voorval aan die polisie oorgegee en sal binnekort in die Brits-landdroshof verskyn,
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



