ABBA-kitaarspeler Lasse Wellander is op die ouderdom van 70 oorlede nadat hy met kanker gediagoseer is.
Die Sweedse musikant het in die 1970’s en 1980’s in die ikoniese popgroep ABBA van hulle grootste treffers gespeel.
Hy was ook betrokke by hul onlangse Voyage-album, wat in 2021 vrygestel is.
‘n Verklaring wat Sondag deur Lasse se familie uitgereik is, lui: ‘Dit is met onbeskryflike hartseer dat ons moet aankondig dat ons geliefde Lasse aan die slaap geraak het.
“Lasse het onlangs siek geword met wat blyk te wees kanker wat versprei het, en vroeg op Goeie Vrydag is hy omring deur sy geliefdes oorlede.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



