KwaZulu Private Ambulance Service was Saterdagaand op die toneel waar ‘n botsing op die N2 naby Marburg plaasgevind het.
Toe nooddienste op die toneel aankom, het hulle beseerdes begin assesseer en vasgestel dat drie mense ernstige beserings opgedoen het. Drie ander het ligte beserings opgedoen.
Een van die ernstig beseerdes was in ‘n motorwrak vasgekeer.
Met die gebruik van spesiale toerusting is die persoon bevry voor al die beserdes na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



