‘n Verdagte (28) sal na verwagting binnekort in die Giyani-landdroshof verskyn in verband met die brutale moord op ‘n 27-jarige vrou.
Die vrou is na bewering omstreeks 01:30 Saterdagoggend in Mbaula Village deur haar kêrel doodgesteek.
Die paartjie was volgens die polisie na bewering by ‘n plaaslike taverne voor hulle in ‘n bakleiery betrokke geraak het. Die slagoffer is met ‘n skerp voorwerp in haar bolyf gesteek.
Die polisie ondersoek die saak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



