Gebed word gevra vir ‘n jong vrou, Laurette Fourie, wat Maandag in in ‘n ernstige ongeluk betrokke was.
Hemelse Pêrels NPC het die boodskap vanaf Laurette Fourie se sussie gedeel waarin sy vra dat almal saam sal bid vir haar sussie se herstel.
Die bestuurder van ‘n Toyota Hilux het glo in Fourie se motor vasgery.
“My sussie, Laurette Fourie, het n paar verskriklike beserings opgedoen. Die Here was baie goed. Hy het haar styf vasgehou daai aand. Haar linker bobeen is gebreek op 3 plekke, en een van die breuke is by haar heup en van die ander twee is ons nog nie presies seker nie. Sy het ook interne beserings gehad wat Dinsdagaand via operasie reggemaak is.
“Sy het ‘n baie lang pad se herstel voor haar en is in verskriklik baie pyn. Sy lê huidiglik in PE in ‘n staatshospitaal wat baie mooi na haar omsien.
“Ons vra dat almal haar groot asseblief in hulle gebede sal hou vir volle herstel.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



