Verstandelik gestremde bejaarde gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Dawid Jacobus Swanepoel (63) van Onderstepoort in Gauteng is sedert 5 April vermis.

Volgens Missing Children South Africa is Swanepoel laas by sy woning in Onderstepoort gesien. Hy is glo ook verstandelik gestremd.

Hy het ‘n blou hemp, ‘n swart broek en bruin skoene aangehad toe hy laas gesien is.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 012 353 5666 kontak.