Werker onder vullistrok vasgekeer, ernstig beseer

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Werker is Vrydag ernstig beseer toe hy onder ‘n vullistrok wat omgeslaan het, vasgekeer was.

Volgens Emer-G-Med het die ongeluk op die N4 naby Simon Vermooten plaasgevind.

‘n Vullistrok se band het gebars en die bestuurder het beheer verloor. Die trok het omgeslaan en een van die werkers het onder die vullistrok beland.

Nooddienste was op die toneel en het onverpoosd gewerk om die werker te bevry.

Rieks Big Rig Towing is ontbied om te help om die vullistrok op te lig om die werker te bevry.

Die werker is weens die lang tyd wat hy vasgekeer was en die erns van sy beserings met ‘n Rocket Hems-helikopter na ‘n mediese fasiliteit geneem.